Gistermiddag besluit ek: Ek gaan ‘n Afrikaanse podcast maak, en ek gaan dit op Valentynsdag vrystel want dan kan ek vir dit ‘n cute titel gee.
Vanoggend besluit ek om die hele ding te tolk ook, en ‘n Engelse een bykomend vry te stel – the jury’s still out of daai een vandag die lig gaan sien. My rug pyn en ek het nou al so baie na my eie stem geluister dat ek amper 100% seker is daarvan dat alles wat ek sê onsinnig is. Soos my Kalvinistiese voorvaders bly ek lief vir ‘n goeie stukkie suffering.
Hierdie episode is vir taal-nerds. Ek gesels ek oor meertaligheid, oor die liefde, en raak per ongeluk ‘n bietjie prekerig (dit gebeur maar met my), en lees gedigte en goeters. Ek hoop jy hou daarvan.
***
Musiek deur die einste Dave Knowles (hier en hier kan jy meer van sy musiek vind).
Kuns deur my talentvolle sussie, Yubi Lötter.
En hier is Breyten Breytenbach se 2016-konvokasietoespraak.
Share this post